Rigel

Rigel
Rigel se ligging (in die rooi sirkel).
Rigel se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Jagter
Spektraaltipe A: B8 Iae[1]
B: B9V + B9V[2]
Soort A: blousuperreus
B: dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming A: 05h 14m 32.27210s[3]
B: 05h 14m 32.049s[4]
Deklinasie A: −08° 12′ 05.8981″[3]
B: −08° 12′ 14.78″[4]
Skynmagnitude (m) A: 0,13[5]
B: 6,67[6]
Absolute magnitude (M) −7,92±0,28[1]
B-V-kleurindeks  A: -0,03[7]
B: -0,03[7]
U-B-kleurindeks  A: -0,66[7]
B: -0,66[7]
Besonderhede
Massa (M) A: 21±3[8]
Ba: 3,84[2]
Bb: 2,94[2]
Radius (R) A: 78,9±7,4[1]
Ligsterkte (L) A: 1,20+0,25−0,21×105[1]
Ouderdom (jaar) A: 8 miljoen
Temperatuur (K) A: 12 100±150[8]
Eienskappe
Veranderlikheid A: Alpha Cygni[9]
B: Alpha Cygni[9]
Veelvoudigheid 3-4 sterre, o.a. A, Ba en Bb
Ander name
Rigel, Algebar, Elgebar, β Ori, 19 Ori, HD 34085, HR 1713, HIP 24436, SAO 131907[10]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Rigel en die refleksienewel IC 2118. Rigel B is nie sigbaar nie vanweë die helderheid van die primêre ster.

Rigel, ook bekend onder sy Bayer-naam, Beta Orionis (β Ori, β Orionis), is die helderste ster in die sterrebeeld Jagter (Orion) en die sewende helderste ster aan die naghemel, met ’n skynbare magnitude van 0,13. Dit is eintlik ’n drie- of vierdubbele sterstelsel; die primêre ster (Rigel A) is ’n blou-wit superreus met ’n geraamde ligsterkte van tussen 120 000 en 279 000 keer dié van die Son, na gelang van die metode wat in die berekening gebruik word. Die waterstof in sy kern is uitgeput en die ster het uitgeswel tot tussen 79 en 115 keer die Son se radius. Dit pulseer van tyd tot tyd en word geklassifiseer as ’n Alpha Cygni-ster.

’n Metgeselster, Rigel B, is 500 keer dowwer as die superreus Rigel A en is net met ’n teleskoop sigbaar. Rigel B is self ’n dubbelster wat uit twee blou-wit hoofreekssterre van spektraaltipe B9V bestaan waarvan die massa na raming onderskeidelik 3,9 en 2,9 keer dié van die Son is. Dit lyk of Rigel B ook ’n baie nabygeleë visuele metgesel, Rigel C, het wat feitlik nes hy lyk.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apj2012_747_108
  2. 2,0 2,1 2,2 Tokovinin, A. A. (1997). "MSC – a catalogue of physical multiple stars". A & A Supplement series. 124: 75. Bibcode:1997A&AS..124...75T. doi:10.1051/aas:1997181.
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa474_2_653
  4. 4,0 4,1 DENIS Consortium (2005). "VizieR Online Data Catalog: The DENIS database (DENIS Consortium, 2005)". VizieR On-line Data Catalog: B/denis. Oorspronklik gepubliseer in: 2005yCat.2263....0T. 1. Bibcode:2005yCat....102002D.
  5. Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:2002yCat.2237....0D.
  6. Sanford, Roscoe F. (1942). "The Spectrographic Orbit of the Companion to Rigel". Astrophysical Journal. 95: 421. Bibcode:1942ApJ....95..421S. doi:10.1086/144412.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aass34_1
  8. 8,0 8,1 Przybilla, N. (2010). "Mixing of CNO-cycled matter in massive stars". Astronomy and Astrophysics. 517: A38. arXiv:1005.2278. Bibcode:2010A&A...517A..38P. doi:10.1051/0004-6361/201014164.
  9. 9,0 9,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apj2012_749_74
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named simbad

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search